Betalingsinligting vir 2018

2018 Rooms and Prices


Eenman Woonstel - R56 000 per Persoon Per Jaar

Betaalbaar kwartaalliks teen R 14 000 per kwartaal.

Welmoed se eenman woonstel is ideaal vir die persoon wat privaatheid wil hê in 'n kommune tipe saamwoon stelsel soos 'n koshuis. Die woonstel is veral geskik vir senior studente en studente wat meer tyd aan hulle studies wil spandeer.


Tweeman Woonstel - R 44 000 Per Persoon wat deel per jaar

Betaalbaar kwartaalliks teen R 11 000 per kwartaal.

Welmoed se tweeman woonstel is ideaal vir die persoon wat goed funksioneer tussen mense en nie daarvan hou om alleen te wees nie. Die woonstel is veral geskik vir studente tydens hulle eerste en tweede jaar nog avontuurlustig is en nuwe vriende maak.

Die volgende word ingesluit:

    ʼn eenheid wat bestaan uit ʼn kombuis, badkamer en slaapkamer;
    ʼn bed, lessenaar, mikrogolf, yskas met vries gedeelte, twee plaat stoof, klerekas en boekrak.
    veilige parkering;
    redelike gebruik van water;
    gratis optiese vesel internettoegang;
    sekuriteit op die perseel;
    die was van wasgoed 1 maal per week;
    die skoonmaak van kamers 1 maal per week.

Die volgende word nie ingesluit nie:
Krag. Daar is voorafbetaalde krag in die kamers en die eenhede kan by supermarkte of deur die internet aangekoop word;
Kos. Daar is etes beskikbaar op die perseel wat deur ‘n eksterne persoon gemaak en verskaf word. Daar moet met die persoon direk gereël word.
Beddegoed, gordyne, eetgerei en stoele.


Die bedrae is kwartaalliks vooruit betaalbaar. Die termyn van die verblyfsooreenkoms strek vanaf 1 Januarie 2018 tot en met 31 Desember 2018 en is hernubaar vir 2019. Die eenhede word dus vir twaalf maande geokkupeer.

Vir nuwe studente is daar 'n nie-terugbetaalbare bedrag van R 4 500.00 onmiddellik betaalbaar indien u aansoek suksesvol is.


Die bevestigingsbedrag is soos volg saamgestel.

Administrasie Fooi / HK Gelde R 3000.00
Kontrakfooi R 1500.00
Totaal R 4500.00

For Enquiries

Should you wish to make Welmoed your home away from home, please complete the attached form and send to:
Enige navrae kan aan die volgende persone gerig word:

Stephan Jacobs
Koshuishoof
076 542 7070
stephanj@welmoedkoshuis.co.za


Hanlie Miller
Toelatings
063 692 2386
info@welmoedkoshuis.co.za


Louis van Niekerk:
Finansies
082 652 2992
louisvn@welmoedkoshuis.co.za


For Enquiries

Hanlie Ras

063 692 2386 | info@welmoedkoshuis.co.za

Louis van Niekerk

082 652 2992 | louisvn@welmoedkoshuis.co.za