Welkom by Welmoed
By Welmoed, is hierdie die fondamente waarop ons, en jou, sukses gegrond sal wees:
Om jou potensiaal so te ontwikkel dat jy die dag wat jy as jong gegradueerde man van die universiteit en Welmoed af wegstap, jy gereed sal wees vir die wêreld daar buite;
Om broederskap en eenheid te vorm tussen seniors en 1ste jaars;
Om 'n sterk huisband te vorm;
Om nuwe mense, van verskillende agtergronde, te ontmoet en te leer ken;
Om alle geleenthede en uitdagings aan te pak;
Om persoonlike doelwitte te stel, na te jaag en te bereik;
Om verantwoordelik sosiaal te verkeer saam met jou broers in die huis sowel as met nuwe vriende en vriendinne op kampus;
Om as jong man jouself te kan uitleef in gebalanseerde koshuis met Christelike waardes en beginsels naamlik, liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid en nederigheid; en
Om trots en verenig te wees in onsself as broeders van Welmoed en saam te staan, maak nie saak wat ons doen of waar ons onsself mag bevind nie.
Lees Meer